Lewenslig Golfdag
U word hartlik uitgenooi om deel te neem aan Lewenslig se Gholfdag. Lewenslig is ‘n skool vir volwasse gestremdes waar hul lewensvaardighede aanleer en hul kwaliteit van lewe kan verbeter.
| Datum | Woensdag, 13 Junie 2012 | ||||||||||||||||||
| Plek | Emfuleni Golfclub, Vanderbijlpark | ||||||||||||||||||
| Eerste Afslaan | Afslaan tyd is 11:00 | ||||||||||||||||||
| Formaat | Better Ball Texas Scramble | ||||||||||||||||||
| Registrasiefooi | R1 200-00 per vierbal of R300-00 per speler. (Sluit ete in na prysuitdeling) |
||||||||||||||||||
| Borg van Putjie |
R1 000-00 |
||||||||||||||||||
| Borg van Pryse | Pryse kan ook geborg word - 4 van dieselfde asb. | ||||||||||||||||||
| Prysuitdeleing | 18:00 | ||||||||||||||||||
|
Pryse vir Langste Dryf en Naaste aan die Pen
|
|||||||||||||||||||
NB: Faks asb bewys van betaling vir aandag Johan Brits na 016 986 2135 of e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak.
|
Ons wil graag vir ons volwasse breingestremde kinders, wat ons die lewensliggies noem, ‘n tuiste vir hul toekoms bied. Wat moet van hulle word as die ouers nie meer daar is nie. Vir die ouers van die Vaaldriehoek is dit regtig ‘n kopseer. Waglyste by oorde waar hulle versorg kan word is tot vyf jaar. Sodra kinders wat in sentrumsin die Vaal Driehoek die ouderdom van 18 jaar bereik moet hulle die skool verlaat. Skielik is hulle alleen en moet hulle by die huis bly want daar is nie ‘n plek waar hulle kan werk of mekaar se geselskap kan geniet nie.
Van die twee en twintig wat ons hier het woon drie in ‘n plaaslike ouetehuis. Die Lewensliggies is by ons net van 8h00 tot 13h00, 5 dae per week. Nog een is alleen in ‘n huis met net ‘n huishulp wat hom versorg. Albei sy ouers is oorlede en ek neem aan die huis is vir hom nagelaat. Ons kan net weer sê dat so ‘n kompleks in die Vaaldriehoek regtig ‘n groot behoefte is.
As u sou belangstel om enige skenkings of bydrae tot die sentrum te lewer kan u ons kontak.
Lewenslig Sentrum 20 Carter Straat (016) 982 2069
Ons Bank besonderhede vir Kontant Skenkings is as volg: Rekening Naam: Lewenslig
E-Pos asb bewys van betaling indien u 'n skenkings sertifikaat benodig aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
Kom besoek ons gerus om te sien hoe lekker ons werk en wat ons alles doen.20 Carter Straat Link to Map Vanderbijlpark 1911 Sentrum Telefoon: 016 982 2069
|











